Leer van vreemde tale aanlyn
previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Home  >   50tale   >   Afrikaans   >   Koreaans   >   Inhoud


46 [ses en veertig]

In die disko

 


46 [마흔여섯]

디스코장에서

 

 

 Klik op die teks! arrow
  
Is die stoel oop?
Mag ek hier sit?
Graag.
 
 
 
 
Wat dink u van die musiek?
’n Bietjie te hard.
Maar die groep speel heel goed.
 
 
 
 
Kom u gereeld hiernatoe?
Nee, dit is die eerste keer.
Ek was nog nooit tevore hier nie.
 
 
 
 
Dans u?
Miskien later.
Ek kan nie so goed dans nie.
 
 
 
 
Dit is heel maklik.
Ek sal u wys.
Nee, liewer ’n ander keer.
 
 
 
 
Wag u vir iemand?
Ja, vir my kêrel.
Daar kom hy nou!
 
 
 
 

previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Gene beïnvloed taal

Watter taal ons praat, hang van ons herkoms af. Maar ons gene is ook vir ons taal verantwoordelik. Dit was die gevolgtrekking van Skotse navorsers. Hulle het ondersoek hoe Engels van Chinees verskil. So het hulle ontdek dat gene ook ’n rol speel. Want gene beïnvloed die ontwikkeling van ons brein. Dit wil sê hulle gee vorm aan ons breinstrukture. Ons vermoë om tale te leer word daardeur bepaal. Variante van twee gene is hierin deurslaggewend. As ’n spesifieke variant skaars is, ontwikkel toontale. Toontale word dus deur mense sonder die geenvariante gepraat. In toontale word die betekenis van woorde deur die toonhoogte bepaal. Chinees word byvoorbeeld by toontale ingesluit. As dié geenvariant egter oorheers, ontwikkel ander tale. Engels is nie ’n toontaal nie. Die variante van dié geen is nie eweredig versprei nie. Dit beteken hulle kom met wisselende herhaling in die wêreld voor. Maar tale oorleef slegs as hulle oorgedra word. Om dié rede moet kinders die taal van hul ouers kan naboots. Hulle moet die taal dus goed kan leer. Slegs dan sal dit van geslag tot geslag oorgedra word. Die ouer geenvariant is die een wat toontale bevorder. Daar was waarskynlik in die verlede meer toontale as nou. Maar ’n mens moenie die genetiese komponente oorskat nie. Hulle kan net help om die ontwikkeling van tale te verklaar. Maar daar is nie ’n geen vir Engels of ’n geen vir Chinees nie. Enigiemand kan enige taal leer. Jy het nie daarvoor gene nodig nie, maar eerder net nuuskierigheid en dissipline!

 


Downloads are FREE for private use, public schools and for non-commercial purposes only!
LICENCE AGREEMENT. Please report any mistakes or incorrect translations here.
Imprint - Impressum  © Copyright 2007 - 2020 Goethe Verlag Starnberg and licensors. All rights reserved.
Contact
book2 Afrikaans - Koreaans vir beginners