Leer van vreemde tale aanlyn
previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Home  >   50tale   >   Afrikaans   >   Koreaans   >   Inhoud


55 [vyf en vyftig]

Werk

 


55 [쉰다섯]

일하기

 

 

 Klik op die teks! arrow
  
Wat is u van beroep?
My man is ’n dokter.
Ek werk deeltyds as ’n verpleegster.
 
 
 
 
Ons sal binnekort ons pensioen ontvang.
Maar die belasting is hoog.
En mediese versekering is duur.
 
 
 
 
Wat wil jy graag eendag word?
Ek wil graag ’n ingenieur word.
Ek wil universiteit toe gaan.
 
 
 
 
Ek is ’n „intern“.
Ek verdien nie veel nie.
Ek doen my internskap in die buiteland.
 
 
 
 
Dit is my baas.
Ek het gawe kollegas.
Smiddags gaan ons altyd kroeg toe.
 
 
 
 
Ek is op soek na werk.
Ek is al ’n jaar werkloos.
Daar is te veel werklose mense in dié land.
 
 
 
 

previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Herinnering het taal nodig

Die meeste mense onthou hul eerste skooldag. Maar hulle onthou nie meer wat vooraf gebeur het nie. Ons kan byna niks van ons eerste lewensjare onthou nie. Maar hoekom is dit so? Hoekom kan ons nie onthou wat ons as babas beleef het nie? Die rede is in ons ontwikkeling. Taal en herinnering ontwikkel omtrent tegelyk. En om iets te kan onthou, het ’n mens taal nodig. Dit beteken hy moet woorde hê vir wat hy beleef. Wetenskaplikes het verskeie toets op kinders gedoen. So het hulle ’n interessante ontdekking gemaak. Sodra kinders leer praat, vergeet hulle alles wat vooraf gebeur het. Die begin van taal is dus ook die begin van herinneringe. Kinders leer besonder baie in die eerste drie jaar van hul lewe. Hulle beleef elke dag nuwe dinge. Op dié ouderdom het hulle ook baie belangrike ervarings. Dit gaan nietemin alles verlore. Sielkundiges noem dié verskynsel kindergeheueverlies. Net dinge wat die kinders kan noem, bly oor. Die outobiografiese geheue behou persoonlike ervarings. Dit werk soos ’n dagboek. Alles wat in ons lewe belangrik is, word daarin bewaar. So vorm die outobiografiese geheue ons identiteit. Sy ontwikkeling hang egter daarvan af dat ’n moedertaal geleer word. Ons kan ook net deur taal ons herinneringe aktiveer. Die dinge wat ons as babas geleer het, is natuurlik nie regtig weg nie. Hulle word iewers in ons brein bewaar. Maar ons kan hulle nie meer oproep nie – tog jammer, of hoe?

 


Downloads are FREE for private use, public schools and for non-commercial purposes only!
LICENCE AGREEMENT. Please report any mistakes or incorrect translations here.
Imprint - Impressum  © Copyright 2007 - 2020 Goethe Verlag Starnberg and licensors. All rights reserved.
Contact
book2 Afrikaans - Koreaans vir beginners