Leer van vreemde tale aanlyn
previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Home  >   50tale   >   Afrikaans   >   Koreaans   >   Inhoud


25 [vyf en twintig]

In die stad

 


25 [스물 다섯]

시내에서

 

 

 Klik op die teks! arrow
  
Ek wil na die stasie toe gaan.
Ek wil na die lughawe toe gaan.
Ek wil na die middestad toe gaan.
 
 
 
 
Hoe kom ek by die stasie?
Hoe kom ek by die lughawe?
Hoe kom ek by die middestad?
 
 
 
 
Ek soek ’n taxi.
Ek soek ’n stadskaart.
Ek soek ’n hotel.
 
 
 
 
Ek wil graag ’n motor huur.
Hier is my kredietkaart.
Hier is my rybewys.
 
 
 
 
Wat is daar te sien in die stad?
Gaan na die ou stad.
Gaan op ’n stadstoer.
 
 
 
 
Gaan na die hawe.
Gaan op ’n hawetoer.
Watter ander besienswaardighede is daar nog?
 
 
 
 

previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Slawiese tale

Slawiese tale is die moedertale van 300 miljoen mense. Die Slawiese tale tel onder die Indo-Europese tale. Daar is sowat 20 Slawiese tale. Die belangrikste onder hulle is Russies. Russies is die moedertaal van meer as 150 miljoen mense. Daarna volg Pools en Oekraïens met 50 miljoen sprekers elk. In taalkunde word die Slawiese tale in verskillende groepe verdeel. Daar is Wes-Slawiese, Oos-Slawiese en Suid-Slawiese tale. Die Wes-Slawiese tale is Pools, Tsjeggies en Slowaaks. Russies, Oekraïens en Belarussies is Oos-Slawiese tale. Die Suid-Slawiese tale is Serwies, Kroaties en Bulgaars. Afgesien van hulle is daar baie ander Slawiese tale. Maar hulle word deur relatief min mense gepraat. Die Slawiese tale het ’n gemeenskaplike oertaal. Die individuele tale het relatief laat daaruit ontstaan. Hulle is dus jonger as die Germaanse en Romaanse tale. Die grootste deel van die woordeskat in die Slawiese tale is soortgelyk. Dis omdat hulle nie tot relatief laat van mekaar geskei is nie. Uit ’n wetenskaplike oogpunt is die Slawiese tale konserwatief. Dit beteken hulle bevat nog baie ou strukture. Ander Indo-Europese tale het dié ou vorms verloor. As gevolg hiervan is dit baie interessant om Slawiese tale te bestudeer. Gevolgtrekkings kan oor vroeër tale gemaak word deur hulle na te vors. Navorsers hoop hulle kan só ’n spoor na Indo-Europese tale vind. Slawiese tale het kenmerkend min klinkers. Afgesien daarvan het hulle baie klanke wat nie in ander tale voorkom nie. Veral Wes-Europeërs sukkel dikwels met die uitspraak. Maar moenie bekommerd wees nie – alles sal regkom! In Pools: Wszystko będzie dobrze!

 


Downloads are FREE for private use, public schools and for non-commercial purposes only!
LICENCE AGREEMENT. Please report any mistakes or incorrect translations here.
Imprint - Impressum  © Copyright 2007 - 2020 Goethe Verlag Starnberg and licensors. All rights reserved.
Contact
book2 Afrikaans - Koreaans vir beginners