Leer van vreemde tale aanlyn
previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Home  >   50tale   >   Afrikaans   >   Thai   >   Inhoud


86 [ses en tagtig]

Vrae – Verlede tyd 2

 


86 [แปดสิบหก]

คำถาม – อดีตกาล 2

 

 

 Klik op die teks! arrow
  
Watter das het jy gedra?
Watter kar / motor het jy gekoop?
Op watter koerant het jy ingeteken?
 
 
 
 
Wie het u gesien?
Wie het u ontmoet?
Wie het u herken?
 
 
 
 
Wanneer het u opgestaan?
Wanneer het u begin?
Wanneer het u opgehou?
 
 
 
 
Waarom het u wakker geword?
Waarom het u ’n onderwyser geword?
Waarom het u ’n taxi geneem?
 
 
 
 
Waarvandaan het u gekom?
Waarheen het u gegaan?
Waar was u gewees?
 
 
 
 
Wie het jy gehelp?
(Vir) wie het jy geskryf?
Wie het jy geantwoord?
 
 
 
 

previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Tweetaligheid verbeter gehoor

Mense wat twee tale praat, hoor beter. Hulle kan akkurater tussen verskillende klanke onderskei. Dit was die gevolgtrekking van ’n Amerikaanse studie. Navorsers het verskeie tieners getoets. Van die proefkonyne het tweetalig grootgeword. Dié tieners het Engels en Spaans gepraat. Die ander groep proefkonyne het net Engels gepraat. Die jongmense moes na ’n spesifieke lettergreep luister. Dit was die lettergreep “da”. Dit kom nie in een van die tale voor nie. Die lettergreep is op oorfone vir die proefkonyne gespeel. Hul breinaktiwiteit is terselfdertyd gemeet. Na die toets moes die tieners weer na die lettergreep luister. Die keer kon hulle egter ook steurende klanke hoor. Dit was verskillende stemme wat betekenislose sinne gesê het. Die tweetalige mense het baie sterk op die lettergreep gereageer. Hul brein het baie aktiwiteit gewys. Hulle kon die lettergreep met en sonder steurende klanke presies herken. Die eentalige proefkonyne kon dit nie regkry nie. Hul gehoor was nie soos goed soos die tweetalige proefkonyne s’n nie. Die resultaat van die eksperiment het navorsers verras. Voorheen was dit net bekend dat musikante besonder goeie gehoor het. Dit lyk egter asof tweetaligheid ook die oor leer. Tweetalige mense word gedurig met verskeie klanke gekonfronteer. Daarvoor moet hul brein nuwe vaardighede ontwikkel. Dit leer hoe om verskillende taalprikkels presies te onderskei. Die navorsers toets nou hoe taalvaardigheid die brein beïnvloed. Miskien baat gehoor steeds daarby as ’n mens later in jou lewe tale leer…

 


Downloads are FREE for private use, public schools and for non-commercial purposes only!
LICENCE AGREEMENT. Please report any mistakes or incorrect translations here.
Imprint - Impressum  © Copyright 2007 - 2020 Goethe Verlag Starnberg and licensors. All rights reserved.
Contact
book2 Afrikaans - Thai vir beginners