Leer van vreemde tale aanlyn
previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Home  >   50tale   >   Afrikaans   >   Thai   >   Inhoud


79 [nege en sewentig]

Byvoeglike naamwoorde 2

 


79 [เจ็ดสิบเก้า]

คำคุณศัพท์ 2

 

 

 Klik op die teks! arrow
  
Ek dra ’n blou rok.
Ek dra ’n rooi rok.
Ek dra ’n groen rok.
 
 
 
 
Ek koop ’n swart sak.
Ek koop ’n bruin sak.
Ek koop ’n wit sak.
 
 
 
 
Ek het ’n nuwe motor nodig.
Ek het ’n vinnige motor nodig.
Ek het ’n gerieflike motor nodig.
 
 
 
 
Daar bo woon ’n ou vrou.
Daar bo woon ’n dik / vet vrou.
Daar onder woon ’n nuuskierige vrou.
 
 
 
 
Ons gaste was gawe mense.
Ons gaste was hoflike / beleefde mense.
Ons gaste was interessante mense.
 
 
 
 
Ek het liewe kinders.
Maar die bure het stoute kinders.
Is u kinders soet?
 
 
 
 

previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Een taal, baie variante

Selfs wanneer ons net een taal praat, praat ons verskeie tale. Want geen taal is ’n geslote stelsel nie. Elke taal het baie verskillende dimensies. Taal is ’n lewende konstruksie. Sprekers oriënteer hulself altyd volgens hul gespreksgenote. Daarom wissel mense die taal af wat hulle praat. Die variasies kom in verskeie vorms voor. Elke taal het byvoorbeeld ’n geskiedenis. Dit het verander en sal nog meer verander. Dit sien ’n mens in die feit dat oumense anders as jongmense praat. Daar is ook verskeie dialekte in die meeste tale. Baie dialeksprekers kan egter by hul omgewing aanpas. In sekere situasies praat hulle die standaardtaal. Verskillende sosiale groepe het verskillende tale. Jeugtaal of jagtertaal is hiervan voorbeelde. By die werk praat die meeste mense anders as by die huis. By die werk gebruik baie ook beroepstaal. Daar is ook verskille tussen die gesproke en geskrewe taal. Die gesproke taal is meestal eenvoudiger as die geskrewe taal. Die verskil kan baie groot wees. Dis die geval waar skryftaal lank nie verander nie. Sprekers moet dan eers leer hoe om die taal in geskrewe vorm te gebruik. Die taal van mans en vroue verskil ook dikwels. In Westelike samelewings is die verskil nie groot nie. Maar daar is lande waar vroue baie anders as mans praat. In party kulture het hoflikheid ook sy eie taalvorms. Daarom is dit nie altyd so maklik om te praat nie! Terwyl ons dit doen, moet ons tegelyk aan baie dinge aandag gee…

 


Downloads are FREE for private use, public schools and for non-commercial purposes only!
LICENCE AGREEMENT. Please report any mistakes or incorrect translations here.
Imprint - Impressum  © Copyright 2007 - 2020 Goethe Verlag Starnberg and licensors. All rights reserved.
Contact
book2 Afrikaans - Thai vir beginners