Leer van vreemde tale aanlyn
previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Home  >   50tale   >   Afrikaans   >   Thai   >   Inhoud


80 [tagtig]

Byvoeglike naamwoorde 3

 


80 [แปดสิบ]

คำคุณศัพท์ 3

 

 

 Klik op die teks! arrow
  
Sy het ’n hond.
Die hond is groot.
Sy het ’n groot hond.
 
 
 
 
Sy het ’n huis.
Die huis is klein.
Sy het ’n klein huis.
 
 
 
 
Hy woon in ’n hotel.
Die hotel is goedkoop.
Hy woon in ’n goedkoop hotel.
 
 
 
 
Hy het ’n motor / kar.
Die motor is duur.
Hy het ’n duur motor.
 
 
 
 
Hy lees ’n roman.
Die roman is vervelig.
Hy lees ’n vervelige roman.
 
 
 
 
Sy kyk ’n rolprent.
Die rolprent is spannend.
Sy kyk ’n spannende rolprent.
 
 
 
 

previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Die taal van die wetenskap

Wetenskapstaal is ’n taal op sy eie. Dit word vir vakkundige gesprekke gebruik. Dit word ook in akademiese publikasies aangewend. Vroeër was daar eenvormige akademiese tale. In die Europese streek het Latyns lank die wetenskap oorheers. Deesdae is Engels egter die belangrikste wetenskaplike taal. Wetenskaplike tale is vaktale. Hulle bevat baie spesifieke terme. Hul belangrikste kenmerk is standaardisering en normalisering. Baie sê wetenskaplikes praat doelbewus onverstaanbaar. Wanneer iets ingewikkeld is, lyk dit intelligenter. Wetenskap is egter op die waarheid gegrond. Daarom moet dit ’n neutrale taal gebruik. Daar is geen plek vir retoriese elemente of onduidelike sinne nie. Nietemin is daar baie voorbeelde van oorgekompliseerde taal. En dit lyk asof ingewikkelde taal mense fassineer! Studies het bewys dat ons meer vertroue in ingewikkelde taal het. Proefkonyne moes ’n paar vrae antwoord. Daarin moes hulle tussen verskeie antwoorde kies. Party antwoorde was eenvoudig en ander was op ’n baie ingewikkelde manier gestel. Die meeste proefkonyne het die ingewikkelder antwoord gekies. Maar dit maak geen sin nie! Die proefkonyne is deur die taal mislei. Al was die inhoud absurd, het die vorm hulle beïndruk. Dis egter nie altyd ’n kuns om in ingewikkelde taal te skryf nie. ’n Mens kan leer om eenvoudige inhoud ’n ingewikkelde taal te maak. Aan die ander kant is dit nie so eenvoudig om moeilike dinge maklik uit te druk nie. Die eenvoudige is dus dikwels eintlik ingewikkeld…

 


Downloads are FREE for private use, public schools and for non-commercial purposes only!
LICENCE AGREEMENT. Please report any mistakes or incorrect translations here.
Imprint - Impressum  © Copyright 2007 - 2020 Goethe Verlag Starnberg and licensors. All rights reserved.
Contact
book2 Afrikaans - Thai vir beginners