Leer van vreemde tale aanlyn
previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Home  >   50tale   >   Afrikaans   >   Thai   >   Inhoud


68 [agt en sestig]

groot – klein

 


68 [หกสิบแปด]

ใหญ่ – เล็ก

 

 

 Klik op die teks! arrow
  
groot en klein
Die olifant is groot.
Die muis is klein.
 
 
 
 
donker en helder
Die nag is donker.
Die dag is helder.
 
 
 
 
oud en jonk
Ons oupa is baie oud.
70 jaar gelede was hy nog jonk.
 
 
 
 
mooi en lelik
Die vlinder is mooi.
Die spinnekop is lelik.
 
 
 
 
Dik / vet en dun
’n Vrou van 100kg is dik / vet.
’n Man van 50kg is dun.
 
 
 
 
duur en goedkoop
Die motor is duur.
Die koerant is goedkoop.
 
 
 
 

previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Kodewisseling

Al hoe meer mense word tweetalig groot. Hulle kan meer as een taal praat. Baie van die mense wissel gereeld tussen tale. Hulle besluit volgens die situasie watter taal om te gebruik. By die werk praat hulle byvoorbeeld ’n ander taal as by die huis. So pas hulle by hul omgewing aan. Maar dis ook moontlik om spontaan van taal te verwissel. Dié verskynsel word kodewisseling genoem. In kodewisseling word die taal tydens die gesprek verander. Daar kan baie redes wees hoekom die spreker van taal verander. Hulle kan dikwels in die een taal nie aan die gepaste woord dink nie. Hulle kan hulself in die ander taal beter uitdruk. Dit kan ook wees dat die spreker in een van die tale meer selfversekerd voel. Hulle kies dan dié taal vir private of persoonlike dinge. Dikwels bestaan ’n sekere woord nie in die een taal nie. In dié geval moet die spreker tale wissel. Of hulle slaan tussen tale oor sodat hulle nie verstaan kan word nie. In so ’n geval werk kodewisseling soos ’n geheime taal. Vroeër was mense krities oor taalvermenging. Mense het gedink die spreker kan geen taal behoorlik praat nie. Nou word dit anders beskou. Kodewisseling word as ’n spesiale taalkundige vaardigheid erken. Dit kan interessant wees om sprekers dop te hou terwyl hulle kodewisseling toepas. Hulle verander dikwels nie net die taal wat hulle praat nie. Ander elemente van kommunikasie verander ook. Baie praat vinniger, harder of nadrukliker in die ander taal. Of hulle gebruik skielik meer gebare en gesigsuitdrukkings. Kodewisseling is ook ’n bietjie kultuurwisseling…

 


Downloads are FREE for private use, public schools and for non-commercial purposes only!
LICENCE AGREEMENT. Please report any mistakes or incorrect translations here.
Imprint - Impressum  © Copyright 2007 - 2020 Goethe Verlag Starnberg and licensors. All rights reserved.
Contact
book2 Afrikaans - Thai vir beginners