Leer van vreemde tale aanlyn
previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Home  >   50tale   >   Afrikaans   >   Thai   >   Inhoud


95 [vyf en negentig]

Voegwoorde 2

 


95 [เก้าสิบห้า]

คำสันธาน 2

 

 

 Klik op die teks! arrow
  
Van wanneer af werk sy nie meer nie?
Sedert haar troue?
Ja, sy werk nie meer sedert sy getroud is nie.
 
 
 
 
Sedert sy getroud is, werk sy nie meer nie.
Sedert hulle mekaar ken, is hulle gelukkig.
Sedert hulle kinders het, gaan hulle selde uit.
 
 
 
 
Wanneer bel sy?
Tydens die rit?
Ja, terwyl sy bestuur.
 
 
 
 
Sy bel terwyl sy bestuur.
Sy kyk televisie terwyl sy stryk.
Sy luister na musiek terwyl sy haar huiswerk doen.
 
 
 
 
Ek kan niks sien as ek nie ’n bril dra nie.
Ek verstaan niks as die musiek so hard is nie.
Ek ruik niks as ek ’n loopneus het nie.
 
 
 
 
Ons sal ’n taxi neem as dit reën.
Ons gaan om die wêreld reis as ons die lotto wen.
Ons gaan begin eet as hy nie binnekort kom nie.
 
 
 
 

previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Die tale van die Europese Unie

Die Europese Unie bestaan tans uit meer as 25 lande. In die toekoms sal nog meer lande deel van die EU word. ’n Nuwe land bring meestal ook ’n nuwe taal saam. Op die oomblik word meer as 20 tale in die EU gepraat. Alle tale in die Europese Unie het gelyke regte. Die verskeidenheid tale is fassinerend. Maar dit kan ook probleme skep. Skeptici meen soveel tale is vir die EU ’n struikelblok. Hulle verhinder doeltreffende samewerking. Daarom meen baie daar moet ’n gemeenskaplike taal wees. Alle lande moet met dié taal kan kommunikeer. Maar dis nie so eenvoudig nie. ’n Mens kan geen taal die een amptelike taal maak nie. Die ander lande sou benadeel voel. En daar is nie ’n egte neutrale taal in Europa nie… ’n Kunsmatige taal soos Esperanto sal ook nie werk nie. Want ’n land se kultuur word altyd deur sy taal weerspieël. Daarom wil geen land sy taal prysgee nie. Die lande beskou hul taal as deel van hul identiteit. Taalbeleid is ’n belangrike item op die EU se agenda. Daar is selfs ’n kommissaris vir veeltaligheid. Die EU het die meeste vertalers en tolke in die wêreld. Ongeveer 3 500 werk om begrip moontlik te maak. Tog kan nie alle dokumente vertaal word nie. Dit sou te veel tyd en geld kos. Die meeste dokumente word net in ’n paar tale vertaal. Die klomp tale is een van die EU se groot uitdagings. Europa moet verenig sonder om sy baie identiteite te verloor!

 


Downloads are FREE for private use, public schools and for non-commercial purposes only!
LICENCE AGREEMENT. Please report any mistakes or incorrect translations here.
Imprint - Impressum  © Copyright 2007 - 2020 Goethe Verlag Starnberg and licensors. All rights reserved.
Contact
book2 Afrikaans - Thai vir beginners