Leer van vreemde tale aanlyn
previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Home  >   50tale   >   Afrikaans   >   Thai   >   Inhoud


61 [een en sestig]

Ordinale getalle

 


61 [หกสิบเอ็ด]

ลำดับเลข

 

 

 Klik op die teks! arrow
  
Die eerste maand is Januarie.
Die tweede maand is Februarie.
Die derde maand is Maart.
 
 
 
 
Die vierde maand is April.
Die vyfde maand is Mei.
Die sesde maand is Junie.
 
 
 
 
Ses maande is ’n halwe jaar.
Januarie, Februarie, Maart,
April, Mei, Junie.
 
 
 
 
Die sewende maand is Julie.
Die agtste maand is Augustus.
Die negende maand is September.
 
 
 
 
Die tiende maand is Oktober.
Die elfde maand is November.
Die twaalfde maand is Desember.
 
 
 
 
Twaalf maande is een jaar.
Julie, Augustus, September,
Oktober, November en Desember.
 
 
 
 

previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Die moedertaal bly altyd die belangrikste taal

Ons moedertaal is die eerste taal wat ons leer. Dit gebeur onbewustelik en ons merk dit nie op nie. Die meeste mense het net een moedertaal. Alle ander tale word as vreemde tale geleer. Daar is natuurlik ook mense wat met meer tale grootword. Hulle praat dié tale egter gewoonlik nie so goed nie. Die tale word ook dikwels anders gebruik. Een taal word byvoorbeeld by die werk gepraat. Die ander word by die huis gebruik. Hoe goed ons ’n taal praat, hang van verskeie faktore af. Wanneer ons dit as klein kinders leer, leer ons dit meestal baie goed. Ons spraaksentrum is op dié leeftyd die doeltreffendste. Dis ook baie belangrik hoe dikwels ons ’n taal praat. Hoe meer ons dit gebruik, hoe beter praat ons dit. Maar navorsers meen ’n mens kan nooit twee tale ewe goed praat nie. Een taal is altyd die belangrikste taal. Dit lyk asof eksperimente dié teorie bevestig. In een studie is verskeie mense getoets. Die helfte van die proefkonyne kon twee tale vlot praat. Hul moedertaal was Chinees en hul tweede taal was Engels. Die ander helfte van die proefkonyne het net Engels as moedertaal gepraat. Die proefkonyne moes eenvoudige take in Engels oplos. Terwyl hulle besig was, is hul breinaktiwiteit gemeet. En daar was verskille in die proefkonyne se breine! By die meertalige mense was een deel van die brein besonder aktief. By die eentalige mense was daar aan die ander kant geen aktiwiteit in dié deel nie. Albei groepe het die take ewe vinnig en goed voltooi. Tog het die Chinese eers alles in hul moedertaal vertaal…

 


Downloads are FREE for private use, public schools and for non-commercial purposes only!
LICENCE AGREEMENT. Please report any mistakes or incorrect translations here.
Imprint - Impressum  © Copyright 2007 - 2020 Goethe Verlag Starnberg and licensors. All rights reserved.
Contact
book2 Afrikaans - Thai vir beginners