Leer van vreemde tale aanlyn
previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Home  >   50tale   >   Afrikaans   >   Thai   >   Inhoud


49 [nege en veertig]

Sport

 


49 [สี่สิบเก้า]

กีฬา

 

 

 Klik op die teks! arrow
  
Neem u deel aan sport?
Ja, ek moet bietjie oefening kry.
Ek gaan na ’n sportklub.
 
 
 
 
Ons speel sokker.
Partykeer swem ons.
Of ons ry fiets.
 
 
 
 
Daar is ’n sokkerstadium in ons stad.
Daar is ’n swembad met ’n sauna.
En daar is ’n gholfbaan.
 
 
 
 
Wat is op die televisie?
Daar is ’n sokkerwedstryd aan die gang.
Die Duitse span speel teen die Engelse.
 
 
 
 
Wie wen?
Ek het geen idee nie.
Op die oomblik speel hulle gelyk op.
 
 
 
 
Die skeidsregter is van België.
Nou is daar ’n strafskop.
Doel! Een – nul!
 
 
 
 

previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Slegs sterk woorde oorleef!

Woorde wat selde gebruik word, verander meer dikwels as woorde wat gereeld gebruik word. Dis dalk aan die wette van evolusie te danke. Wydverspreide gene verander met verloop van tyd minder. Hul vorm is meer stabiel. En blykbaar is dieselfde van woorde waar! In een studie is Engelse werkwoorde beoordeel. Hiervoor is die huidige vorm van werkwoorde met ou vorms vergelyk. In Engels is die tien algemeenste werkwoorde onreëlmatig. Die meeste ander werkwoorde is reëlmatig. Maar in die Middeleeue was die meeste werkwoorde nog onreëlmatig. Onreëlmatige werkwoorde wat selde gebruik is, het dus reëlmatige werkwoorde geword. Oor 300 jaar sal Engels skaars enige oorblywende onreëlmatige werkwoorde hê. Ander studies het ook bewys dat tale soos gene gekies word. Navorsers het algemene woorde uit verskillende tale vergelyk. Vir dié proses het hulle eenderse woorde gekies wat dieselfde beteken. ’n Voorbeeld hiervan is die woorde water, Wasser, vatten. Dié woorde het dieselfde stam en stem dus nou met mekaar ooreen. Aangesien hulle noodsaaklike woorde is, word hulle in alle tale gereeld gebruik. Op dié manier kan hulle hul vorm behou – en vandag nog eenders bly. Minder noodsaaklike woorde verander baie vinniger. Hulle word eerder deur ander woorde vervang. Woorde wat selde gebruik word, onderskei hulself só in verskillende tale. Dis nog onduidelik hoekom seldsame woorde verander. Dis moontlik dat hulle dikwels verkeerd gebruik of uitgespreek word. Dis weens die feit dat sprekers hulle nie goed ken nie. Maar dit kan wees dat noodsaaklike woorde altyd dieselfde moet wees. Want slegs dan kan hulle reg verstaan word. En woorde is daar om verstaan te word…

 


Downloads are FREE for private use, public schools and for non-commercial purposes only!
LICENCE AGREEMENT. Please report any mistakes or incorrect translations here.
Imprint - Impressum  © Copyright 2007 - 2020 Goethe Verlag Starnberg and licensors. All rights reserved.
Contact
book2 Afrikaans - Thai vir beginners