Leer van vreemde tale aanlyn
previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Home  >   50tale   >   Afrikaans   >   Thai   >   Inhoud


47 [sewe en veertig]

Reisvoorbereiding

 


47 [สี่สิบเจ็ด]

การเตรียมตัวเดินทาง

 

 

 Klik op die teks! arrow
  
Jy moet ons koffers pak!
Jy mag niks vergeet nie!
Jy het ’n groot koffer nodig!
 
 
 
 
Moenie die paspoort vergeet nie!
Moenie die vliegtuigkaartjie vergeet nie!
Moenie die reisigerstjeks vergeet nie!
 
 
 
 
Neem sonbrandroom saam.
Neem jou sonbril saam.
Neem jou sonhoed saam.
 
 
 
 
Wil jy ’n padkaart saamneem?
Wil jy ’n reisgids saamneem?
Wil jy ’n sambreel saamneem?
 
 
 
 
Hou die broeke, die hemde en die sokkies in gedagte.
Hou die dasse, die gordels en die sportbaadjies in gedagte.
Hou die slaapklere, die naghemde en die T-hemde in gedagte.
 
 
 
 
Jy het skoene, sandale en stewels nodig.
Jy het sakdoeke, seep en ’n naelskêr nodig.
Jy het ’n kam, tandeborsel en tandepasta nodig.
 
 
 
 

previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Die toekoms van tale

Meer as 1,3 biljoen mense praat Chinees. Dit maak Chinees die taal met die meeste sprekers wêreldwyd. Dit sal nog jare lank die geval wees. Die toekoms van baie ander tale lyk nie so positief nie. Want baie plaaslike tale sal uitsterf. Daar word tans ongeveer 6 000 verskillende tale gepraat. Maar baie kenners skat die meeste van hulle loop gevaar om uit te sterf. Omtrent 90% van alle tale sal verdwyn. Die meeste van hulle sal nog in dié eeu uitsterf. Dit beteken dat daar omtrent elke dag ’n taal sal verlore gaan. Die betekenis van individuele tale sal ook in die toekoms verander. Engels is nog steeds in die tweede plek. Maar die getal moedertaalsprekers van tale bly nie konstant nie. Dis aan demografiese ontwikkeling te danke. Oor ’n paar dekades sal ander tale oorheers. Hindi/Urdu en Arabies sal binnekort in die tweede en derde plek wees. Engels sal dan in die vierde plek wees. Duits sal heeltemal uit die toptien verdwyn. Op sy beurt sal Maleis onder die belangrikste tale wees. Terwyl baie tale sal uitsterf, sal nuwes verskyn. Hulle sal hibridiese tale wees. Dié taalkundige hibriede sal veral in stede gepraat word. Heeltemal nuwe variante van tale sal ook ontwikkel. Daar sal dus in die toekoms verskeie vorms van die Engelse taal wees. Die aantal tweetalige mense sal wêreldwyd aansienlik toeneem. Dis nie duidelik hoe ons in die toekoms sal praat nie. Maar selfs oor honderd jaar sal daar nog verskillende tale wees. Die leerdery sal dus nie so gou eindig nie…

 


Downloads are FREE for private use, public schools and for non-commercial purposes only!
LICENCE AGREEMENT. Please report any mistakes or incorrect translations here.
Imprint - Impressum  © Copyright 2007 - 2020 Goethe Verlag Starnberg and licensors. All rights reserved.
Contact
book2 Afrikaans - Thai vir beginners