Leer van vreemde tale aanlyn
previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Home  >   50tale   >   Afrikaans   >   Thai   >   Inhoud


14 [veertien]

Kleure

 


14 [สิบสี่]

สี

 

 

 Klik op die teks! arrow
  
Die sneeu is wit.
Die son is geel.
Die lemoen is oranje.
 
 
 
 
Die kersie is rooi.
Die hemel is blou.
Die gras is groen.
 
 
 
 
Die grond / aarde is bruin.
Die wolke is grys.
Die bande is swart.
 
 
 
 
Watter kleur is die sneeu? Wit.
Watter kleur is die son? Geel.
Watter kleur is die lemoen? Oranje.
 
 
 
 
Watter kleur is die kersie? Rooi.
Watter kleur is die hemel? Blou.
Watter kleur is die gras? Groen.
 
 
 
 
Watter kleur is die aarde? Bruin.
Watter kleur is die wolke? Grys.
Watter kleur is die bande? Swart.
 
 
 
 

previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Vroue praat anders as mans

Ons weet almal dat vroue en mans verskil. Maar het jy geweet dat hulle ook verskillend praat? Talle studies het dit bewys. Vroue gebruik ander spraakpatrone as mans. Hulle is dikwels meer indirek en terughoudend in hul spraak. In teenstelling daarmee gebruik mans gewoonlik duidelike en direkte taal. Maar die onderwerpe waaroor hulle praat, verskil ook. Mans gesels meer oor nuus, ekonomie of sport. Vroue verkies sosiale onderwerpe soos familie of gesondheid. Mans gesels dus oor feite. Vroue gesels eerder oor mense. Dis opvallend dat vroue probeer om ’n “swak” taal te praat. Dit wil sê hulle praat versigtiger en beleefder. Vroue vra ook meer vrae. Hulle doen dit waarskynlik om harmonie te skep en konflik te vermy. Verder het vroue ’n baie groter woordeskat vir gevoelens. Vir mans is geselskap dikwels ’n vorm van kompetisie. Hul taal is opvallend meer uitdagend en aggressief. En mans sê per dag baie minder woorde as vroue. Party navorsers beweer dis aan die samestelling van die brein te danke. Omdat vroue en mans se brein verskil. Dit wil sê hul spraaksentrum is ook anders saamgestel. Maar dis waarskynlik dat ander faktore ook ons taal beïnvloed. Die wetenskap verken dié gebied nog nie lank nie. Nogtans praat vroue en mans nie totaal verskillende tale nie. Daar hoef nie misverstande te wees nie. Daar is baie strategieë vir suksesvolle kommunikasie. Die eenvoudigste een is: luister beter!

 


Downloads are FREE for private use, public schools and for non-commercial purposes only!
LICENCE AGREEMENT. Please report any mistakes or incorrect translations here.
Imprint - Impressum  © Copyright 2007 - 2020 Goethe Verlag Starnberg and licensors. All rights reserved.
Contact
book2 Afrikaans - Thai vir beginners