Leer van vreemde tale aanlyn
previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | BUY the BOOK!  | Free Android app | Free iPhone app

Home  >   50tale   >   Afrikaans   >   Kannada   >   Inhoud


82 [twee en tagtig]

Verlede tyd 2

 


೮೨ [ಎಂಬತ್ತೆರಡು]

ಭೂತಕಾಲ ೨

 

 
Moes jy ’n ambulans bel?
ನೀನು ಆಂಬ್ಯುಲೆನ್ಸ್ ಕರೆಯಬೇಕಾಯಿತೇ?
Moes jy die dokter bel?
ನೀನು ವೈದ್ಯರನ್ನು ಕರೆಯಬೇಕಾಯಿತೇ?
Moes jy die polisie bel?
ನೀನು ಪೋಲೀಸರನ್ನು ಕರೆಯಬೇಕಾಯಿತೇ ?
 
 
 
 
Het u die telefoonnommer? Ek het dit netnou nog gehad.
ನಿಮ್ಮ ಬಳಿ ಟೆಲಿಫೋನ್ ಸಂಖ್ಯೆ ಇದೆಯೆ? ನನ್ನ ಬಳಿ ಇದುವರೆಗೆ ಇತ್ತು.
Het u die adres? Ek het dit netnou nog gehad.
ನಿಮ್ಮ ಬಳಿ ವಿಳಾಸ ಇದೆಯೆ? ನನ್ನ ಬಳಿ ಇದುವರೆಗೆ ಇತ್ತು.
Het u die stadskaart? Ek het dit netnou nog gehad.
ನಿಮ್ಮ ಬಳಿ ನಗರದ ನಕ್ಷೆ ಇದೆಯೆ? ನನ್ನ ಬಳಿ ಇದುವರೆಗೆ ಇತ್ತು.
 
 
 
 
Het hy betyds gekom? Hy kon nie betyds kom nie.
ಅವನು ಸರಿಯಾದ ಸಮಯಕ್ಕೆ ಬಂದಿದ್ದನೆ? ಅವನಿಗೆ ಸರಿಯಾದ ಸಮಯಕ್ಕೆ ಬರಲು ಆಗಲಿಲ್ಲ.
Het hy die weg gevind? Hy kon nie die weg vind nie.
ಅವನಿಗೆ ದಾರಿ ಸಿಕ್ಕಿತೆ? ಅವನಿಗೆ ದಾರಿ ಸಿಕ್ಕಲಿಲ್ಲ.
Het hy jou verstaan? Hy kon my nie verstaan nie.
ಅವನು ನಿನ್ನನ್ನು ಅರ್ಥಮಾಡಿಕೊಂಡನೆ?ಅವನು ನನ್ನನ್ನು ಅರ್ಥಮಾಡಿಕೊಳ್ಳಲಿಲ್ಲ.
 
 
 
 
Waarom kon jy nie betyds kom nie?
ನಿನಗೆ ಸರಿಯಾದ ಸಮಯಕ್ಕೆ ಬರಲಿಕ್ಕೆ ಏಕೆ ಆಗಲಿಲ್ಲ?
Waarom kon jy nie die weg vind nie?
ನಿನಗೆ ದಾರಿ ಏಕೆ ಸಿಗಲಿಲ್ಲ?
Waarom kon jy hom nie verstaan nie?
ನೀನು ಅವನನ್ನು ಏಕೆ ಅರ್ಥಮಾಡಿಕೊಳ್ಳಲಿಲ್ಲ?
 
 
 
 
Ek kon nie betyds wees nie, omdat daar nie ’n bus was nie.
ಯಾವ ಬಸ್ಸು ಓಡುತ್ತಿರಲಿಲ್ಲ, ಆದ್ದರಿಂದ ನನಗೆ ಸರಿಯಾದ ಸಮಯಕ್ಕೆ ಬರಲು ಆಗಲಿಲ್ಲ.
Ek kon nie die weg vind nie, omdat ek nie ’n kaart gehad het nie.
ನನ್ನ ಬಳಿ ನಗರದ ನಕ್ಷೆ ಇಲ್ಲದೆ ಇದ್ದುದರಿಂದ ನನಗೆ ದಾರಿ ಸಿಕ್ಕಲಿಲ್ಲ.
Ek kon hom nie verstaan nie omdat die musiek so hard was.
ಸಂಗೀತದ ಅಬ್ಬರದಿಂದಾಗಿ, ನನಗೆ ಅವನನ್ನು ಅರ್ಥಮಾಡಿಕೊಳ್ಳಲು ಆಗಲಿಲ್ಲ.
 
 
 
 
Ek moes ’n taxi neem.
ನಾನು ಟ್ಯಾಕ್ಸಿಯಲ್ಲಿ ಬರಬೇಕಾಯಿತು.
Ek moes ’n stadskaart koop.
ನಾನು ಒಂದು ನಗರ ನಕ್ಷೆಯನ್ನು ಕೊಳ್ಳಬೇಕಾಯಿತು.
Ek moes die radio afskakel.
ನಾನು ರೇಡಿಯೊವನ್ನು ಆರಿಸಬೇಕಾಯಿತು.
 
 
 
 

previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | BUY the BOOK!  | Free Android app | Free iPhone app

Leer vreemde tale beter in die buiteland!

Volwassenes leer tale nie so maklik soos kinders nie. Hul brein is klaar ontwikkel. Daarom kan dit nie meer so maklik nuwe netwerke bou nie. Maar jy kan tog as volwassene ’n taal baie goed leer! Om dit te doen, moet jy na die land reis waar die taal gepraat word. ’n Vreemde taal word in die buiteland besonder doeltreffend geleer. Dit weet elkeen wat al ooit op ’n taalvakansie was. ’n Mens leer die nuwe taal baie vinniger in sy natuurlike omgewing. ’n Nuwe studie het pas ’n interessante gevolgtrekking gemaak. Dit wys dat ’n mens in die buiteland ook ’n taal anders leer! Die brein kan die vreemde taal soos die moedertaal verwerk. Navorsers het lank gedink daar is verskillende leerprosesse. Nou lyk dit asof ’n eksperiment dit bewys het. Een groep proefkonyne moes ’n uitgedinkte taal leer. ’n Deel van hulle het gewone taalklasse bygewoon. Die ander deel het in ’n nagebootste buitelandse situasie geleer. Dié proefkonyne moes hulself in die vreemde omgewing oriënteer. Almal met wie hulle kontak gehad het, het die nuwe taal gepraat. Die proefkonyne in dié groep was dus nie gewone taalstudente nie. Hulle het aan ’n buitelandse gemeenskap van sprekers behoort. So is hulle gedwing om vinnig met die nuwe taal reg te kom. Na ’n ruk is die proefkonyne getoets. Die groepe se kennis van die nuwe tale was ewe goed. Maar hul brein het die vreemde taal verskillend verwerk! Die wat “oorsee” geleer het, het opvallende breinaktiwiteit gehad. Hul brein het die vreemde grammatika soos hul moedertaal verwerk. Dit was dieselfde meganismes wat by die aanleer van ’n moedertaal gesien word. ’n Taalvakansie is die lekkerste en doeltreffendste manier van leer!

 


Downloads are FREE for private use, public schools and for non-commercial purposes only!
LICENCE AGREEMENT. Please report any mistakes or incorrect translations here.
Imprint - Impressum  © Copyright 2007 - 2020 Goethe Verlag Starnberg and licensors. All rights reserved.
Contact
book2 Afrikaans - Kannada vir beginners