Leer van vreemde tale aanlyn
previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Home  >   50tale   >   Afrikaans   >   Thai   >   Inhoud


90 [negentig]

Imperatief 2

 


90 [เก้าสิบ]

ประโยคคำสั่ง 2

 

 

 Klik op die teks! arrow
  
Skeer jouself!
Was jouself!
Kam jou hare!
 
 
 
 
Bel!
Begin!
Hou op!
 
 
 
 
Los dit!
Sê dit!
Koop dit!
 
 
 
 
Moet nooit oneerlik wees nie!
Moet nooit stout wees nie!
Moet nooit onbeskof wees nie!
 
 
 
 
Wees altyd eerlik!
Wees altyd gaaf!
Wees altyd hoflik / beleefd!
 
 
 
 
Mooi loop/ry!
Sien mooi na jouself om!
Besoek ons gou weer!
 
 
 
 

previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Babas kan grammatikareëls leer

Kinders word baie vinnig groot. En hulle leer ook baie vinnig! Dit moet nog nagevors word hoe kinders leer. Die leerproses is outomaties. Kinders merk nie eens op dat hulle leer nie. Tog leer hulle elke dag meer. Dit blyk ook uit hul taal. Babas kan die eerste paar maande net huil. Na ’n paar maande kan hulle kort woorde sê. Die woorde word dan sinne. Later praat die kinders hul moedertaal. Ongelukkig werk dit nie met volwassenes so nie. Hulle het boeke of ander materiaal nodig om te leer. Net so kan hulle byvoorbeeld grammatikareëls leer. Babas leer egter reeds op vier maande grammatika! Navorsers het Duitse babas vreemde grammatikareëls geleer. Om dit te doen, is Italiaanse sinne vir hulle voorgespeel. Dié sinne het sekere sintaktiese strukture bevat. Die babas het vir sowat 15 minute na die korrekte sinne geluister. Agterna is die sinne weer vir die babas gespeel. Maar dié keer was van die sinne verkeerd. Terwyl die babas na die sinne geluister het, is hul breingolwe gemeet. So kon navorsers vasstel hoe die brein op sinne reageer. En die babas het met die sinne verskillende vlakke van aktiwiteit gehad! Hoewel hulle dit pas geleer het, het hulle die foute opgemerk. Natuurlik verstaan babas nie hoekom van die sinne verkeerd is nie. Hulle oriënteer hulself slegs volgens die fonetiese patrone. Maar dis genoeg om ’n taal te leer – altans vir babas…

 


Downloads are FREE for private use, public schools and for non-commercial purposes only!
LICENCE AGREEMENT. Please report any mistakes or incorrect translations here.
Imprint - Impressum  © Copyright 2007 - 2020 Goethe Verlag Starnberg and licensors. All rights reserved.
Contact
book2 Afrikaans - Thai vir beginners