74 [vier en sewentig] |
vir iets vra
|
![]() |
74 [เจ็ดสิบสี่] |
||
ขอร้องให้ทำอะไรบางอย่าง
|
| |||||
Kan u my hare sny?
| |||||
Nie te kort nie, asseblief.
| |||||
’n Bietjie korter, asseblief.
| |||||
Kan u die foto’s ontwikkel?
| |||||
Die foto’s is op die kompakskyf (CD).
| |||||
Die foto’s is in die kamera.
| |||||
Kan u die horlosie regmaak?
| |||||
Die glas is stukkend.
| |||||
Die battery is pap.
| |||||
Kan u die hemp stryk?
| |||||
Kan u die broek skoonmaak?
| |||||
Kan u die skoene regmaak?
| |||||
Kan u vir my ’n vuurhoutjie / aansteker leen?
| |||||
Het u vuurhoutjies of ’n sigaretaansteker?
| |||||
Het u ’n asbak?
| |||||
Rook u sigare?
| |||||
Rook u sigarette?
| |||||
Rook u pyp?
| |||||
Leer en leesLeer en lees hoort saam. Dis natuurlik veral waar wanneer ons vreemde tale leer. Wie ’n nuwe taal goed wil leer, moet baie tekste lees. Met die lees van literatuur in ’n vreemde taal verwerk ons volle sinne. Ons brein leer woordeskat en grammatika in konteks. Dit help ons om die nuwe inhoud makliker te stoor. Dis vir ons geheue moeiliker om los woorde te onthou. Wanneer ons lees, leer ons watter betekenis woorde kan hê. Gevolglik ontwikkel ons ’n gevoel vir die nuwe taal. Die literatuur in die vreemde taal moet natuurlik nie te moeilik wees nie. Moderne kortverhale of speurverhale is dikwels vermaaklik. Die voordeel van koerante is dat hulle altyd aktueel is. Kinderboeke en strokies is ook vir leer geskik. Die prente maak dit makliker om die nuwe taal te verstaan. Watter literatuur jy ook kies, moet vermaaklik wees! Dit beteken daar moet baie in die storie gebeur sodat die taal wissel. As jy niks kry nie, kan spesiale teksboeke ook gebruik word. Daar is baie boeke met eenvoudige teks vir beginners. Dis belangrik om altyd ’n woordeboek te gebruik terwyl jy lees. Wanneer jy ’n woord nie verstaan nie, moet jy dit opsoek. Ons brein word deur lees geaktiveer en leer nuwe dinge vinniger. Dit skep ’n lêer vir al die woorde wat jy nie verstaan nie. So kan die woorde makliker herhaal word. Dit help ook om onbekende woorde in die teks met kleure te merk. Dan sal jy hulle volgende keer dadelik weer herken. As jy elke dag ’n vreemde taal lees, sal jy baie vinniger vorder. Want ons brein leer gou die nuwe taal naboots. Dit kan gebeur dat jy kort voor lank ook in die vreemde taal dink… |
Downloads are FREE for private use, public schools and for non-commercial purposes only! LICENCE AGREEMENT. Please report any mistakes or incorrect translations here. Imprint - Impressum © Copyright 2007 - 2020 Goethe Verlag Starnberg and licensors. All rights reserved. Contact book2 Afrikaans - Thai vir beginners
|