Leer van vreemde tale aanlyn
previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Home  >   50tale   >   Afrikaans   >   Thai   >   Inhoud


59 [nege en vyftig]

By die poskantoor

 


59 [ห้าสิบเก้า]

ที่ทำการไปรษณีย์

 

 

 Klik op die teks! arrow
  
Waar is die naaste poskantoor?
Is dit ver tot die naaste poskantoor?
Waar is die naaste posbus?
 
 
 
 
Ek het ’n paar seëls nodig.
Vir ’n poskaart en ’n brief.
Hoeveel is die posgeld na Amerika?
 
 
 
 
Hoe swaar is die pakkie?
Kan ek dit per lugpos stuur?
Hoe lank sal dit neem om daar te kom?
 
 
 
 
Waar kan ek ’n oproep maak?
Waar is die naaste telefoonhokkie?
Het u telefoonkaarte?
 
 
 
 
Het u ’n telefoonboek?
Ken u die areakode vir Oostenryk?
Net ’n oomblik, ek kyk gou.
 
 
 
 
Die lyn is altyd beset.
Watter nommer het u geskakel?
U moet eers die nul druk!
 
 
 
 

previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Gevoelens praat ook verskillende tale!

Daar word wêreldwyd baie verskillende tale gepraat. Daar is nie een universele menslike taal nie. Maar wat dan van ons gesigsuitdrukkings? Is die taal van gevoel universeel? Nee, dit verskil ook! Daar is lank geglo dat alle mense hul gevoelens op dieselfde manier uitdruk. Die taal van gesigsuitdrukkings is as algemeen verstaanbaar beskou. Charles Darwin het geglo dat gevoelens vir mense lewensnoodsaaklik is. Daarom moet hulle in alle kulture ewe goed verstaan word. Nuwe studies het egter ’n ander resultaat gelewer. Hulle wys daar is ook verskille in die taal van gevoel. Dit beteken ons gesigsuitdrukkings word deur ons kultuur beïnvloed. Daarom word gevoelens deur mense regoor die wêreld verskillend gewys en vertolk. Wetenskaplikes onderskei ses primêre emosies. Hulle is vreugde, hartseer, woede, afsku, vrees en verbasing. Maar Europeërs se gesigsuitdrukkings is anders as Asiate s’n. En hulle sien verskillende dinge in dieselfde uitdrukkings. Verskeie eksperimente het dit bevestig. Daarin is proefkonyne gesigte op ’n rekenaar gewys. Die proefkonyne moes beskryf wat hulle op die gesigte sien. Daar was baie redes hoekom die resultate verskil het. Gevoelens word in sommige kulture meer as in ander gewys. Die intensiteit van gesigsuitdrukkings word dus nie oral dieselfde verstaan nie. Mense uit verskillende kulture gee ook aan verskillende dinge aandag. Asiate konsentreer op die oë wanneer hulle gesigsuitdrukkings lees. Europeërs en Amerikaners kyk aan die ander kant na die mond. Een gesigsuitdrukking word egter in alle kulture verstaan… Dis ’n mooi glimlag!

 


Downloads are FREE for private use, public schools and for non-commercial purposes only!
LICENCE AGREEMENT. Please report any mistakes or incorrect translations here.
Imprint - Impressum  © Copyright 2007 - 2020 Goethe Verlag Starnberg and licensors. All rights reserved.
Contact
book2 Afrikaans - Thai vir beginners