Leer van vreemde tale aanlyn
previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Home  >   50tale   >   Afrikaans   >   Thai   >   Inhoud


34 [vier en dertig]

In die trein

 


34 [สามสิบสี่]

บนรถไฟ

 

 

 Klik op die teks! arrow
  
Is dit die trein na Berlyn?
Wanneer vertrek die trein?
Wanneer kom die trein in Berlyn aan?
 
 
 
 
Verskoon my, mag ek verby kom?
Ek dink dit is my sitplek.
Ek dink dat u in my sitplek sit.
 
 
 
 
Waar is die slaapwa?
Die slaapwa is aan die einde van die trein.
En waar is die eetwa? – Aan die voorkant van die trein.
 
 
 
 
Mag ek onder slaap?
Mag ek in die middel slaap?
Mag ek bo slaap?
 
 
 
 
Wanneer kom ons by die grens aan?
Hoe lank duur die rit na Berlyn?
Is die trein vertraag?
 
 
 
 
Het u iets om te lees?
Kan mens hier iets te ete en te drinke kry?
Kan u my asseblief seweuur wakker maak?
 
 
 
 

previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Babas is liplesers!

Wanneer babas leer praat, gee hulle aandag aan hul ouers se mond. Ontwikkelingsielkundiges het dit vasgestel. Babas begin liplees wanneer hulle omtrent ses maande oud is. Op dié manier leer hulle hoe hul mond gevorm moet word om klanke te skep. Wanneer babas ’n jaar oud is, kan hulle reeds ’n paar woorde verstaan. Van dié ouderdom begin hulle mense weer in die oë kyk. So kry hulle ’n klomp belangrike inligting. Deur in hul oë te kyk, kan hulle sien of hul ouers gelukkig of hartseer is. So leer hulle die wêreld van gevoelens ken. Dit raak interessant wanneer iemand in ’n vreemde taal met hulle praat. Dan begin babas weer van voor af liplees. So leer hulle hoe om ook die vreemde klanke te vorm. Wanneer jy met babas praat, moet jy dus altyd na hulle kyk. Afgesien daarvan het babas dialoog vir hul taalontwikkeling nodig. Ouers herhaal spesifiek dikwels wat babas sê. Babas kry dus terugvoering. Vir kleintjies is dit baie belangrik. Dan weet hulle dat hulle verstaan word. Dié bevestiging spoor babas aan. Hulle bly dit geniet om te leer praat. Dis nie genoeg om vir babas klankopnames te speel nie. Studies bewys dat babas regtig lippe kan lees. In eksperimente is kleintjies video’s sonder klank gewys. Daar was video’s in beide moedertaal en uitheemse tale. Die babas het langer na die video’s in hul eie taal gekyk. Terwyl hulle dit gedoen het, het hulle opmerkbaar meer aandag gegee. Maar die eerste woorde van babas wêreldwyd is dieselfde. Dis in alle tale maklik om “Mamma” en “Pappa” te sê!

 


Downloads are FREE for private use, public schools and for non-commercial purposes only!
LICENCE AGREEMENT. Please report any mistakes or incorrect translations here.
Imprint - Impressum  © Copyright 2007 - 2020 Goethe Verlag Starnberg and licensors. All rights reserved.
Contact
book2 Afrikaans - Thai vir beginners