Leer van vreemde tale aanlyn
previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Home  >   50tale   >   Afrikaans   >   Thai   >   Inhoud


10 [tien]

Gister – vandag – môre

 


10 [สิบ]

เมื่อวาน-วันนี้-พรุ่งนี้

 

 

 Klik op die teks! arrow
  
Gister was Saterdag.
Gister was ek in die bioskoop.
Die rolprent was interessant.
 
 
 
 
Vandag is Sondag.
Vandag werk ek nie.
Ek bly tuis. / Ek bly by die huis.
 
 
 
 
Môre is Maandag.
Môre werk ek weer.
Ek werk op kantoor.
 
 
 
 
Wie is dit?
Dit is Peter.
Peter is ’n student.
 
 
 
 
Wie is dit?
Dit is Martha.
Martha is ’n sekretaresse.
 
 
 
 
Peter en Martha is vriende.
Peter is Martha se vriend.
Martha is Peter se vriendin.
 
 
 
 

previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Leer in jou slaap

Vreemde tale is deesdae deel van algemene opvoeding. As dit net nie so vervelig was om hulle te leer nie! Daar is goeie nuus vir almal wat daarmee sukkel. Ons kan die beste leer terwyl ons slaap! Verskeie wetenskaplike studies het tot dié gevolgtrekking gekom. En ons kan dit gebruik wanneer ons tale leer. Ons verwerk die dag se gebeure terwyl ons slaap. Ons brein ontleed nuwe ervarings. Alles wat ons beleef het, word weer deurdink. Die nuwe inhoud word in ons brein versterk. Dinge wat ons leer net voordat ons aan die slaap raak, word besonder goed onthou. Daarom kan dit nuttig wees om belangrike items saans deur te kyk. ’n Verskillende slaapfase is verantwoordelik vir verskillende geleerde inhoud. VOB-slaap ondersteun psigomotoriese leerwerk. Musiek maak en sport val in dié afdeling. In teenstelling daarmee word suiwer kennis tydens diep slaap geleer. Alles wat ons leer, word daar deurdink. Selfs woordeskat en grammatika! Wanneer ons tale leer, moet ons brein baie hard werk. Dit moet nuwe woorde en reëls stoor. Alles word tydens slaap weer teruggespeel. Navorsers noem dit terugspeelteorie. Dis egter belangrik dat jy goed slaap. Liggaam en verstand moet behoorlik herstel. Slegs dan kan die brein doeltreffend werk. Jy kon sê goeie slaap, goeie kognitiewe werking. Terwyl ons rus, is ons brein nog aktief… En dan: Gute Nacht, good night, buona notte, dobrou noc!

 


Downloads are FREE for private use, public schools and for non-commercial purposes only!
LICENCE AGREEMENT. Please report any mistakes or incorrect translations here.
Imprint - Impressum  © Copyright 2007 - 2020 Goethe Verlag Starnberg and licensors. All rights reserved.
Contact
book2 Afrikaans - Thai vir beginners