Leer van vreemde tale aanlyn
previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Home  >   50tale   >   Afrikaans   >   Thai   >   Inhoud


7 [sewe]

Getalle

 


7 [เจ็ด]

ตัวเลข

 

 

 Klik op die teks! arrow
  
Ek tel:
een, twee, drie
Ek tel tot drie.
 
 
 
 
Ek tel verder:
vier, vyf, ses,
sewe, agt, nege
 
 
 
 
Ek tel.
Jy tel.
Hy tel.
 
 
 
 
Een. Die eerste.
Twee. Die tweede.
Drie. Die derde.
 
 
 
 
Vier. Die vierde.
Vyf. Die vyfde.
Ses. Die sesde.
 
 
 
 
Sewe. Die sewende.
Agt. Die agtste.
Nege. Die negende.
 
 
 
 

previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Denke en taal

Ons denke word deur ons taal bepaal. Wanneer ons dink, “praat” ons met onsself. Ons taal beïnvloed dus ons siening van dinge. Maar kan ons ten spyte van verskillende tale almal dieselfde dink? Of dink ons anders omdat ons anders praat? Elke nasie het sy eie taal. In party tale is sekere woorde afwesig. Daar is mense wat nie tussen groen en blou onderskei nie. Hulle gebruik dieselfde woord vir albei kleure. En hulle sukkel meer om kleure uit te ken! Hulle kan nie verskillende skakerings en sekondêre kleure onderskei nie. Hulle sukkel om kleure te beskryf. Ander tale het net ’n paar woorde vir syfers. Dié tale se sprekers kan nie so goed tel nie. Daar is ook tale wat nie tussen links en regs onderskei nie. Hier praat die mense van noord en suid, oos en wes. Hulle het baie goeie geografiese oriëntering. Maar hulle verstaan nie die begrippe links en regs nie. Dis natuurlik nie net ons tale wat ons denke beïnvloed nie. Ons omgewing en daaglikse lewe vorm ook ons gedagtes. Watter rol speel taal dan? Beperk dit ons gedagtes? Of het ons net woorde vir wat ons dink? Wat is oorsaak en wat is gevolg? Al dié vrae bly onbeantwoord. Hulle hou breinnavorsers en taalkundiges besig. Maar die kwessie raak ons almal… Is jy wat jy praat?!

 


Downloads are FREE for private use, public schools and for non-commercial purposes only!
LICENCE AGREEMENT. Please report any mistakes or incorrect translations here.
Imprint - Impressum  © Copyright 2007 - 2020 Goethe Verlag Starnberg and licensors. All rights reserved.
Contact
book2 Afrikaans - Thai vir beginners