Leer van vreemde tale aanlyn
previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Home  >   50tale   >   Afrikaans   >   Thai   >   Inhoud


4 [vier]

In die skool

 


4 [สี่]

ที่โรงเรียน

 

 

 Klik op die teks! arrow
  
Waar is ons?
Ons is by die skool.
Ons is besig met ‘n les.
 
 
 
 
Dit is die leerlinge.
Dit is die onderwyser.
Dit is die klas.
 
 
 
 
Wat doen / maak ons?
Ons leer.
Ons leer ’n taal.
 
 
 
 
Ek leer Engels.
Jy leer Spaans.
Hy leer Duits.
 
 
 
 
Ons leer Frans.
Julle leer Italiaans.
Hulle leer Russies.
 
 
 
 
Om tale te leer is interessant.
Ons wil mense verstaan.
Ons wil met mense praat.
 
 
 
 

previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Moedertaaldag

Is jy lief vir jou moedertaal? Dan moet jy dit voortaan vier! En altyd op 21 Februarie! Dis die internasionale moedertaaldag. Sedert 2000 word dit elke jaar gevier. UNESCO het die dag ingestel. UNESCO is ’n organisasie van die Verenigde Nasies (VN). Hulle werk met onderwerpe in wetenskap, opvoeding en kultuur. UNESCO strewe daarna om die mensdom se kultuurerfenis te beskerm. Tale is ook ’n kultuurerfenis. Daarom moet hulle beskerm, ontwikkel en bevorder word. Taalverskeidenheid word op 21 Februarie gedenk. Daar is wêreldwyd ’n geskatte 6 000 tot 7 000 tale. Die helfte van hulle word deur uitsterwing bedreig. Elke twee weke gaan ’n taal vir ewig verlore. Maar elke taal is ’n groot rykdom van kennis. Die kennis van ’n nasie se mense is in tale vervat. ’n Nasie se geskiedenis word deur sy taal weerspieël. Ervarings en tradisies word ook deur taal oorgedra. Daarom is ’n moedertaal ’n onderdeel van elke nasionale identiteit. Wanneer ’n taal uitsterf, gaan meer as net woorde verlore. Dit alles moet op 21 Februarie gedenk word. Mense moet besef wat die betekenis van tale is. En hulle moet dink hoe hulle tale kan beskerm. Wys dus vir jou taal dat dit vir jou belangrik is! Miskien kan jy ’n koek daarvoor bak? Sit mooi fondantletters daarop. Natuurlik in jou “moedertaal”!

 


Downloads are FREE for private use, public schools and for non-commercial purposes only!
LICENCE AGREEMENT. Please report any mistakes or incorrect translations here.
Imprint - Impressum  © Copyright 2007 - 2020 Goethe Verlag Starnberg and licensors. All rights reserved.
Contact
book2 Afrikaans - Thai vir beginners