Leer van vreemde tale aanlyn
previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Home  >   50tale   >   Afrikaans   >   Albanees   >   Inhoud


39 [nege en dertig]

Kar het gaan staan

 


39 [tridhjetёenёntё]

Avari makine

 

 

 Klik op die teks! arrow
  
Waar is die naaste vulstasie?
Ek het ’n pap wiel.
Kan u die wiel omruil?
 
 
 
 
Ek het ’n paar liter diesel nodig.
Ek het nie meer brandstof nie.
Het u ’n brandstofkannetjie?
 
 
 
 
Waar kan ek ’n oproep maak?
Ek het ’n insleepdiens nodig.
Ek is op soek na ’n werkswinkel.
 
 
 
 
Daar was ’n ongeluk.
Waar is die naaste telefoon?
Het u ’n selfoon by u?
 
 
 
 
Ons het hulp nodig.
Bel ’n dokter!
Bel die polisie!
 
 
 
 
U dokumente asseblief.
U rybewys asseblief.
U motorregistrasie asseblief.
 
 
 
 

previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Talentvolle taalkundige baba

Selfs voordat hulle kan praat, weet babas baie van tale. Verskeie eksperimente het dit bewys. Kinderontwikkeling word in spesiale baba-laboratoriums nagevors. Daar word ook nagevors hoe kinders tale leer. Babas is duidelik intelligenter as wat ons tot dusver gedink het. Selfs op ses maande het hulle baie taalkundige vermoëns. Hulle kan byvoorbeeld hul eie moedertaal herken. Franse en Duitse babas reageer verskillend op sekere tone. Verskillende klempatrone het verskillende gedrag tot gevolg. Babas het dus ’n aanvoeling vir die toon van hul taal. Baie jong kinders kan ook verskeie woorde uit die kop uit leer. Ouers is baie belangrik vir die taalontwikkeling van babas. Want babas het reg na geboorte interaksie nodig. Hulle wil met Ma en Pa kommunikeer. Die interaksies moet egter met positiewe emosies gepaardgaan. Ouers moenie gespanne wees wanneer hulle met hul baba praat nie. Dit is ook verkeerd om selde met hulle te praat. Stres of stilte kan ’n negatiewe uitwerking op babas hê. Hul taalontwikkeling kan benadeel word. Babas begin al in die baarmoeder leer! Hulle reageer voor geboorte op spraak. Hulle kan akoestiese tekens akkuraat waarneem. Na geboorte kan hulle dan dié tekens herken. Ongebore kinders kan selfs taalritmes leer. Babas kan reeds in die baarmoeder hul ma se stem hoor. Jy kan dus selfs met ongebore kinders praat. Maar jy moet dit nie te ver voer nie… Die kind sal na geboorte nog oorgenoeg tyd hê om te oefen!

 


Downloads are FREE for private use, public schools and for non-commercial purposes only!
LICENCE AGREEMENT. Please report any mistakes or incorrect translations here.
Imprint - Impressum  © Copyright 2007 - 2020 Goethe Verlag Starnberg and licensors. All rights reserved.
Contact
book2 Afrikaans - Albanees vir beginners