Leer van vreemde tale aanlyn
previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Home  >   50tale   >   Afrikaans   >   Noors   >   Inhoud


58 [agt en vyftig]

Liggaamsdele

 


58 [femtiåtte]

Kroppsdeler

 

 

 Klik op die teks! arrow
  
Ek teken ’n man.
Eerste die kop.
Die man dra ’n hoed.
 
 
 
 
Mens sien nie die hare nie.
Mens sien ook nie die ore nie.
Mens sien ook nie die rug nie.
 
 
 
 
Ek teken die oë en die mond.
Die man dans en lag.
Die man het ’n lang neus.
 
 
 
 
Hy dra ’n stok in sy hande.
Hy dra ook ’n serp om sy nek.
Dit is winter en dis koud.
 
 
 
 
Die arms is sterk/fris.
Die bene is ook sterk/fris.
Die man is van sneeu gemaak.
 
 
 
 
Hy dra nie ’n broek of ’n jas nie.
Maar die man vries nie.
Hy is ’n sneeuman.
 
 
 
 

previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Ons voorsate se taal

Moderne tale kan deur taalwetenskaplikes ondersoek word. Verskeie metodes word daarvoor gebruik. Maar hoe het mense duisende jare gelede gepraat? Dis baie moeiliker om dié vraag te beantwoord. Nogtans werk wetenskaplikes al jare daaraan. Hulle wil ontdek hoe daar destyds gepraat is. Om dit te doen, probeer hulle antieke spraakvorms rekonstrueer. Amerikaanse wetenskaplikes het nou ’n opwindende ontdekking gemaak. Hulle het meer as 2 000 tale ontleed. Veral die sinsbou van die tale is ondersoek. Die resultaat van hul studie was baie interessant. Ongeveer die helfte van die tale se sinsbou is O-V-W. Dit wil sê die tale is volgens onderwerp, voorwerp en werkwoord georden. Meer as 700 tale werk volgens die O-W-V-patroon. En sowat 160 tale werk volgens die W-O-V-stelsel. Die patroon W-V-O word deur ongeveer 40 tale gebruik. Gemengde vorms kom in 120 tale voor. V-W-O en V-O-W is aansienlik skaarser stelsels. Die meeste van die tale wat ondersoek is, gebruik ook die O-V-W-beginsel. Persies, Japannees en Turks is voorbeelde. Die meeste moderne tale volg die patroon O-W-V. Dié sinsbou oorheers nou in Indo-Europese tale. Navorsers meen dat die O-V-W-stelsel vroeër gebruik is. Alle tale was op dié stelsel gegrond. Maar toe het die tale uiteengeloop. Ons weet nog nie hoekom dit gebeur het nie. Daar moes ’n rede vir die variasie in sinsbou gewees het. Want net wat voordelig is, bly in evolusie voortbestaan…

 


Downloads are FREE for private use, public schools and for non-commercial purposes only!
LICENCE AGREEMENT. Please report any mistakes or incorrect translations here.
Imprint - Impressum  © Copyright 2007 - 2020 Goethe Verlag Starnberg and licensors. All rights reserved.
Contact
book2 Afrikaans - Noors vir beginners