Leer van vreemde tale aanlyn
previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Home  >   50tale   >   Afrikaans   >   Albanees   >   Inhoud


89 [nege en tagtig]

Imperatief 1

 


89 [tetёdhjetёenёntё]

Urdhёrore 1

 

 

 Klik op die teks! arrow
  
Jy is so lui – moet nie so lui wees nie!
Jy slaap so lank – moet nie so lank slaap nie!
Jy kom so laat – moet nie so laat kom nie!
 
 
 
 
Jy lag so hard – moet nie so hard lag nie!
Jy praat so sag – moet nie so sag praat nie!
Jy drink te veel – moet nie so baie drink nie!
 
 
 
 
Jy rook te veel – moet nie so baie rook nie!
Jy werk te veel – moet nie so baie werk nie!
Jy ry te vinnig – moet nie so vinnig ry nie!
 
 
 
 
Staan op, Meneer Müller!
Sit, Meneer Müller!
Bly sit, Meneer Müller!
 
 
 
 
Wees geduldig!
Neem u tyd!
Wag ’n oomblik!
 
 
 
 
Wees versigtig!
Wees betyds!
Moet nie dom wees nie!
 
 
 
 

previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Die Chinese taal

Die Chinese taal het wêreldwyd die meeste sprekers. Daar is egter nie net een Chinese taal nie. Daar bestaan verskeie Chinese tale. Hulle behoort almal tot die familie van Sino-Tibettaanse tale. Daar is altesaam sowat 1,3 biljoen mense wat Chinees praat. Die meeste van hulle woon in die Volksrepubliek van China en in Taiwan. Daar is baie lande met minderhede wat Chinese praat. Die grootste taal is Hoogchinees. Dié gestandaardiseerde hoëvlaktaal word ook Mandaryns genoem. Mandaryns is die amptelike taal van die Volksrepubliek van China. Ander Chinese tale word dikwels as dialekte aangedui. Mandaryns word ook in Taiwan en Singapoer gepraat. Mandaryns is die moedertaal van 850 miljoen mense. Dit word egter deur byna alle Chineessprekende mense verstaan. Daarom gebruik sprekers van verskillende dialekte dit vir kommunikasie. Alle Chinese gebruik ’n gemeenskaplike skrif. Chinees se geskrewe vorm is 4 000 tot 5 000 jaar oud. Dus het Chinees die langste literêre tradisie. Ander Asiatiese kulture het ook Chinese skrif oorgeneem. Chinese karakters is moeiliker as alfabetiese stelsels. Gesproke Chinees is egter nie so ingewikkeld nie. Die grammatika kan relatief maklik geleer word. Daarom kan studente taamlik vinnig goeie vordering maak. En al hoe meer mense wil Chinees leer! Dit het as ’n vreemde taal al hoe belangriker geword. Chinese taalkursusse word nou oral aangebied. Probeer dit self! Chinees gaan die taal van die toekoms wees…

 


Downloads are FREE for private use, public schools and for non-commercial purposes only!
LICENCE AGREEMENT. Please report any mistakes or incorrect translations here.
Imprint - Impressum  © Copyright 2007 - 2020 Goethe Verlag Starnberg and licensors. All rights reserved.
Contact
book2 Afrikaans - Albanees vir beginners