Leer van vreemde tale aanlyn
previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Home  >   50tale   >   Afrikaans   >   Noors   >   Inhoud


100 [een honderd]

Bywoorde

 


100 [hundre]

Adverb

 

 

 Klik op die teks! arrow
  
Al vantevore – nog nooit
Was u al vantevore in Berlyn?
Nee, nog nooit nie.
 
 
 
 
iemand – niemand
Ken u iemand hier?
Nee, ek ken niemand hier nie.
 
 
 
 
nog – niks meer nie
Gaan u nog lank hier bly?
Nee, ek gaan nie veel langer hier bly nie.
 
 
 
 
nog iets – niks meer nie
Wil u nog iets drink?
Nee, ek wil niks meer hê nie.
 
 
 
 
al iets – nog niks
Het u al iets geëet?
Nee, ek het nog niks geëet nie.
 
 
 
 
nog iemand – niemand meer
Wil nog iemand koffie hê?
Nee, niemand meer nie.
 
 
 
 

previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Die Arabiese taal

Die Arabiese taal is een van die wêreld se belangrikste tale. Meer as 300 miljoen mense praat Arabies. Hulle woon in meer as 20 verskillende lande. Arabies behoort tot die Afro-Asiatiese tale. Die Arabiese taal het duisende jare gelede ontstaan. Die taal is eers op die Arabiese skiereiland gepraat. Daarvandaan het dit verder versprei. Gesproke Arabies verskil baie van die standaardtaal. Daar is ook baie verskillende Arabiese dialekte. ’n Mens kan sê dit word in elke streek baie anders gepraat. Die verskillende dialekte se sprekers verstaan mekaar dikwels glad nie. Daarom word rolprente uit Arabiese lande gewoonlik oorgeklank. Eers dan kan hulle in die hele taalgebied verstaan word. Klassieke Hoogarabies word deesdae byna glad nie gepraat nie. Dit kom nog net in geskrewe vorm voor. Boeke en koerante gebruik die klassieke Arabiese standaardtaal. Daar is geen enkele Arabiese tegniese taal nie. Daarom kom die tegniese terme gewoonlik uit ander tale. Hier is Engels en Frans prominenter as ander tale. Belangstelling in Arabies het die laaste jare aansienlik toegeneem. Al hoe meer mense wil Arabies leer. Elke universiteit en baie skole bied kursusse aan. Baie mense vind veral geskrewe Arabies fassinerend. Dit word van regs na links geskryf. Arabies se uitspraak en grammatika is nie juis maklik nie. Daar is baie klanke en reëls wat nie in ander tale bekend is nie. Wanneer ’n mens studeer, moet jy ’n bepaalde orde volg. Eers die uitspraak, dan die grammatika, dan die skrif…

 


Downloads are FREE for private use, public schools and for non-commercial purposes only!
LICENCE AGREEMENT. Please report any mistakes or incorrect translations here.
Imprint - Impressum  © Copyright 2007 - 2020 Goethe Verlag Starnberg and licensors. All rights reserved.
Contact
book2 Afrikaans - Noors vir beginners