Leer van vreemde tale aanlyn
previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Home  >   50tale   >   Afrikaans   >   Koreaans   >   Inhoud


77 [sewe en sewentig]

iets regverdig 3

 


77 [일흔일곱]

이유 말하기 3

 

 

 Klik op die teks! arrow
  
Waarom eet u nie die koek nie?
Ek moet gewig verloor.
Ek eet dit nie omdat ek gewig moet verloor.
 
 
 
 
Waarom drink u nie die bier nie?
Ek moet nog bestuur.
Ek drink dit nie omdat ek nog moet bestuur.
 
 
 
 
Waarom drink jy nie die koffie nie?
Dit is koud.
Ek drink dit nie omdat dit koud is.
 
 
 
 
Waarom drink jy nie die tee nie?
Ek het nie suiker nie.
Ek drink dit nie omdat ek nie suiker het nie.
 
 
 
 
Waarom eet u nie die sop nie?
Ek het dit nie bestel nie.
Ek eet dit nie omdat ek dit nie bestel het nie.
 
 
 
 
Waarom eet u nie die vleis nie?
Ek is ’n vegetariër.
Ek eet dit nie omdat ek ’n vegetariër is.
 
 
 
 

previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Gebare help met woordeskat leer

Ons brein moet baie werk doen wanneer ons woordeskat leer. Dit moet elke nuwe woord stoor. Maar jy kan jou brein tydens studie ondersteun. Dit word deur gebare gedoen. Gebare help ons geheue. Dit kan woorde beter onthou as dit terselfdertyd gebare verwerk. ’n Studie het dit duidelik bewys. Navorsers het proefkonyne woordeskat laat leer. Dié woorde het nie regtig bestaan nie. Hulle het aan ’n kunsmatige taal behoort. ’n Paar woorde is met gebare vir die proefkonyne geleer. Dit wil sê die proefkonyne het nie net die woorde gehoor of gelees nie. Hulle het ook gebare gebruik om die betekenis van die woorde na te boots. Terwyl hulle gestudeer het, is hul breinaktiwiteit gemeet. Navorsers het só ’n interessante ontdekking gemaak. Wanneer woorde met gebare geleer is, was meer dele van die brein aktief. Buiten die spraaksentrum het sensomotoriese dele ook aktiwiteit getoon. Dié bykomende breinaktiwiteit beïnvloed ons geheue. Wanneer ons met gebare leer, ontstaan ingewikkelde netwerke. Dié netwerke stoor die nuwe woorde in verskeie dele van die brein. Só kan woordeskat doeltreffender verwerk word. Wanneer ons seker woorde wil gebruik, vind ons brein dit vinniger. Hulle word ook beter gestoor. Dis egter belangrik dat die gebaar met die woord verbind word. Ons brein merk op wanneer ’n woord en gebaar nie by mekaar pas nie. Dié nuwe bevindings kan tot nuwe onderrigmetodes lei. Mense wat min van tale weet, leer dikwels stadig. Miskien sal hulle makliker leer as hulle die woorde fisiek naboots…

 


Downloads are FREE for private use, public schools and for non-commercial purposes only!
LICENCE AGREEMENT. Please report any mistakes or incorrect translations here.
Imprint - Impressum  © Copyright 2007 - 2020 Goethe Verlag Starnberg and licensors. All rights reserved.
Contact
book2 Afrikaans - Koreaans vir beginners