Leer van vreemde tale aanlyn
previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Home  >   50tale   >   Afrikaans   >   Koreaans   >   Inhoud


41 [een en veertig]

Waar is ...?

 


41 [마흔하나]

길 묻기

 

 

 Klik op die teks! arrow
  
Waar is die toerismekantoor?
Het u ’n stadskaart vir my?
Kan mens hier ’n kamer bespreek?
 
 
 
 
Waar is die ou stad?
Waar is die katedraal?
Waar is die museum?
 
 
 
 
Waar kan mens seëls koop?
Waar kan mens blomme koop?
Waar kan mens kaartjies koop?
 
 
 
 
Waar is die hawe?
Waar is die mark?
Waar is die kasteel?
 
 
 
 
Wanneer begin die toer?
Wanneer eindig die toer?
Hoe lank is die toer?
 
 
 
 
Ek wil graag ’n gids hê wat Duits kan praat.
Ek wil graag ’n gids hê wat Italiaans kan praat.
Ek wil graag ’n gids hê wat Frans kan praat.
 
 
 
 

previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Engels, die wêreldtaal

Engels is wyer versprei as enige ander taal in die wêreld. Maar Mandaryns, of Hoë Chinees, het die meeste moedertaalsprekers. Engels is “slegs” 350 miljoen mense se moedertaal. Maar Engels het egter ’n groot invloed op ander tale. Sedert die middel van die 20ste eeu het dit uiters belangrik geword. Dis grootliks aan die ontwikkeling van die VSA as ’n supermoondheid te danke. Engels is die eerste vreemde taal wat in baie lande op skool geleer word. Internasionale organisasies gebruik Engels as hul amptelike taal. Engels is ook die amptelike taal of gemene taal van baie lande. Dit is egter moontlik dat ander tale binnekort dié funksies sal oorneem. Engels behoort tot die Wes-Germaanse tale. Daarom is dit na verwant aan byvoorbeeld Duits. Maar die taal het die afgelope 1 000 jaar beduidend verander. Vroeër was Engels ’n verbuigingstaal. Die meeste agtervoegsels met ’n grammatikale funksie het verdwyn. Daarom kan Engels as een van die isolerende tale beskou word. Dié soort tale is meer soos Chinees as Duits. In die toekoms sal die Engelse taal verder vereenvoudig word. Die onreëlmatige werkwoorde sal baie waarskynlik verdwyn. Vergeleke met ander Indo-Europese tale is Engels eenvoudig. Maar Engelse spelling is baie ingewikkeld. Dis omdat spelling en uitspraak sterk van mekaar verskil. Engelse spelling is al eeue lank dieselfde. Maar uitspraak het aansienlik verander. Gevolglik skryf ’n mens nog soos iemand rondom 1400 gepraat het. Daar is ook baie onreëlmatighede in die uitspraak. Daar is ses variante net vir die letterkombinasie ough! Probeer dit self: thorough, thought, through, rough, bough, cough.

 


Downloads are FREE for private use, public schools and for non-commercial purposes only!
LICENCE AGREEMENT. Please report any mistakes or incorrect translations here.
Imprint - Impressum  © Copyright 2007 - 2020 Goethe Verlag Starnberg and licensors. All rights reserved.
Contact
book2 Afrikaans - Koreaans vir beginners