Leer van vreemde tale aanlyn
previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Home  >   50tale   >   Afrikaans   >   Koreaans   >   Inhoud


30 [dertig]

In die restaurant 2

 


30 [서른]

레스토랑에서 2

 

 

 Klik op die teks! arrow
  
’n appelsap, asseblief.
’n limonade, asseblief.
’n tamatiesap, asseblief.
 
 
 
 
Ek wil graag ’n glas rooiwyn hê.
Ek wil graag ’n glas witwyn hê.
Ek wil graag ’n bottel sjampanje hê.
 
 
 
 
Hou jy van vis?
Hou jy van beesvleis?
Hou jy van varkvleis?
 
 
 
 
Ek wil graag iets sonder vleis hê.
Ek wil graag ’n groentebord hê.
Ek wil graag iets hê wat nie lank gaan vat nie.
 
 
 
 
Soek u rys daarby?
Soek u pasta daarby?
Soek u aartappels daarby?
 
 
 
 
Dit smaak sleg.
Die kos is koud.
Ek het dit nie bestel nie.
 
 
 
 

previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Taal en reklame

Reklame verteenwoordig ’n spesifieke vorm van kommunikasie. Dit wil kontak tussen die vervaardigers en verbruikers bewerkstellig. Soos elke soort kommunikasie het dit ook ’n lang geskiedenis. Politici of kroeë is al so lank terug as die antieke tye geadverteer. Reklametaal gebruik spesifieke elemente van retoriek. Omdat dit ’n doel het en daarom ’n beplande kommunikasie is. Ons as verbruikers moet bewus gemaak word; ons belangstelling moet geprikkel word. Ons moet egter bowenal die produk wil hê en dit koop. Gevolglik is reklametaal meestal baie eenvoudig. Slegs ’n paar woorde en eenvoudige slagspreuke word gebruik. So behoort ons geheue die inhoud goed te onthou. Sekere woordsoorte soos byvoeglike naamwoorde en oortreffende trappe is algemeen. Hulle beskryf die produk as besonder voordelig. Gevolglik is reklametaal gewoonlik baie positief. Dis interessant dat reklametaal altyd deur kultuur beïnvloed word. Dit wil sê reklametaal vertel ons baie oor die samelewing. Vandag oorheers terme soos “skoonheid” en “jeug” in baie lande. Die woorde “toekoms” en “veilig” verskyn ook dikwels. Engels is veral in Westerse gemeenskappe gewild. Engels word as modern en internasionaal beskou. Om dié rede werk dit goed vir tegniese produkte. Elemente uit Romaanse tale staan vir genot en passie. Dit word graag vir kos of skoonheidsmiddels gebruik. Mense wat dialek gebruik, wil waardes soos die tuisland en tradisie beklemtoon. Produkname is dikwels neologismes, of nuutskeppings. Hulle het tipies geen betekenis nie, net ’n aangename klank. Maar party produkname kan regtig ’n loopbaan vestig! Die naam van ’n stofsuier het ’n werkwoord geword – to hoover!

 


Downloads are FREE for private use, public schools and for non-commercial purposes only!
LICENCE AGREEMENT. Please report any mistakes or incorrect translations here.
Imprint - Impressum  © Copyright 2007 - 2020 Goethe Verlag Starnberg and licensors. All rights reserved.
Contact
book2 Afrikaans - Koreaans vir beginners