Leer van vreemde tale aanlyn
previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Home  >   50tale   >   Afrikaans   >   Koreaans   >   Inhoud


17 [sewentien]

In en om die huis

 


17 [열일곱]

집 안에서

 

 

 Klik op die teks! arrow
  
Ons huis is hier.
Bo is die dak.
Onder is die kelder.
 
 
 
 
Agter die huis is ’n tuin.
Voor die huis is daar nie ’n straat nie.
Langs die huis is daar bome.
 
 
 
 
Hier is my woonstel.
Hier is die kombuis en die badkamer.
Daar is die woonkamer en die slaapkamer.
 
 
 
 
Die voordeur is gesluit.
Maar die vensters is oop.
Dit is warm vandag.
 
 
 
 
Ons gaan woonkamer toe.
Daar is ’n rusbank en ’n leunstoel.
Sit, asseblief!
 
 
 
 
Daar staan my rekenaar.
Daar staan my hoëtroustel.
Die televisie is splinternuut.
 
 
 
 

previous page  up Inhoud  next page  | Free download MP3: 100 lessons  | Free Android app | Free iPhone app

Woorde en woordeskat

Elke taal het sy eie woordeskat. Dit bestaan uit ’n seker getal woorde. ’n Woord is ’n onafhanklike taalkundige eenheid. Woorde het altyd ’n duidelike betekenis. Dit onderskei hulle van klanke of lettergrepe. Die getal woorde verskil in elke taal. Engels het byvoorbeeld baie woorde. Dis selfs bekend as die wêreldkampioen in die afdeling woordeskat. Die Engelse taal het blykbaar vandag meer as miljoen woorde. Die Oxford English Dictionary bevat meer as 600 000 woorde. Chinees, Spaans en Russies het heelwat minder. ’n Taal se woordeskat is ook van sy geskiedenis afhanklik. Engels is deur baie ander tale en kulture beïnvloed. Gevolglik het Engels se woordeskat aansienlik uitgebrei. Maar die Engelse woordeskat word vandag nog al hoe groter. Kenners skat dat 15 nuwe woorde elke dag bygevoeg word. Hulle ontstaan meer uit nuwe media as uit enigiets anders. Wetenskaplike terme word nie hier ingereken nie. Want daar is duisende woorde net in chemiese terminologie. Langer woorde word in byna elke taal minder as korter woorde gebruik. En die meeste sprekers gebruik net ’n paar woorde. Dis hoekom ons tussen aktiewe en passiewe woordeskat kies. Passiewe woordeskat bevat woorde wat ons verstaan. Maar ons gebruik hulle selde of glad nie. Aktiewe woordeskat bevat die woorde wat ons gereeld gebruik. n Paar woorde is genoeg vir eenvoudige gesprekke of tekste. In Engels het jy daarvoor net sowat 400 woorde en 40 werkwoorde nodig. Moet jou dus nie bekommer as jou woordeskat beperk is nie!

 


Downloads are FREE for private use, public schools and for non-commercial purposes only!
LICENCE AGREEMENT. Please report any mistakes or incorrect translations here.
Imprint - Impressum  © Copyright 2007 - 2020 Goethe Verlag Starnberg and licensors. All rights reserved.
Contact
book2 Afrikaans - Koreaans vir beginners